J. S. BACH
ST. JOHN PASSION

Johan Sebastian Bach (21-3-1658 tot 28-7-1750) het sy Johannespassie in die jaar 1723 gekomponeer voordat hy sy beroep as Thomaskantor te Leipzig aanvaar het. Dit is na alle waarskynlikheid op Goeie Vrydag van die daaropvolgende jaar vir die eerste keer in die Thomaskerk uitgevoer. Die werk volg die tradisie van die Middeleeuse liturgiese passiedrama soos dit destyds te St. Thomas gehandhaaf is en word dus deur die skriftuurlike oorheers (Johannes 18 - 19, met twee kort uittreksels uit Mattheus 26 en 27). Eerbiedige afstand maak nou egter plek vir 'n geniale werklikheidsiening: "soos dit geskrywe staan" word nou "so het dit gebeur". Hierdie skriftuurlike word aangevul deur korale en arias wat deurgans 'n diep gelowige karakter toon - oordenkings wat steeds in noue verband met die voorafgaande teks staan.

Hierdie wonderlik innige toonsetting smelt met die oorweldigende drama van die gebeurtenisse saam tot 'n aangrypende geheel.

Dit begin met 'n orkesinleiding wat met sy golfagtige beweging tussen dissonansie en sintonie die kerngedagte van die passie uitbeeld, naamlik Christus se lyding en die mens se verlossing, en direk na die geweldige loflied "Heer, onse heerser ... die ware Seun van God wat alyd en ook in die grootste nederigheid as God verheelik is" oorgaan. Die werk eindig met die ewe uitgebreide "Rus nou, o heilige gebeente, wat ek nie langer sal beween nie, en lei my ook tot rus - die graf waarvoor julle bestem is, maak vir my die hemel oop - en die hel dig toe", gevolg deur die amper kindelik ootmoedige koraal "Laat Heer, U engele my lei ... hemel toe ... waar ek U wil loof in ewigheid".

Bruno Peyer

Saturday 19 March 1977 at 20h15 
City Hall, Pretoria

 Conductor
Bruno Peyer

Soloist
Riki Venter (Soprano), 
Stella Beder (Alto), 
Sjoerd Beute (Tenor) 
Werner Nel (Baritone) 
John Thorpe (Baritone)
 Orchestra 
Collegium Musicum Leader Bram Verhoef

Organ
Henning Wagner

Tjello
Alfredo Stengel

Guitar
Ken Hartegen

PROGRAMME

INHOUDSOORSIG EN ENKELE HOOGTEPUNTE

  1. Verraad en gevangeneming
  2. Aria (Alto): Om my te bevry, word U gebind. 
    Aria (Sopraan): Ek volg U met vrolike skrede.

  3. Verhoor van Kajafas; Petrus se verloëning
  4. Koraal: Wie slaan U so? ...Ek en my sondes. 
    Aria (Tenoor): Ag my gees waar vind ek vertroosting.

  5. Verhoor voor Pilatus; Pilatus se optrede teenoor die opgehitste volk; die skare kies Barabbas; Jesus word gemartel
  6. Koraal: Christus wat ons salig maak. 
    Arioso (Bas en Tenoor): Kyk, die dorings!...Kyk, die géselhale!

    POUSE

    Koraal: Deur U gevangeneming erf ons die vryheid, U graf verseker ons van lewe.

  7. Kruisiging: Jesus se laaste woorde

  8. Arioso (Bas met koor): Haas na Gologota! 
    Aria (Alt): Dit is volbring. 
    Aria (Bas met koor): U sterwe sal vir my die hemel beërwe 
    Aria (Tenoor): My siel aanskou hoe heel die wêreld deur Sy lyding aangegryp is. 
    Aria (Sopraan): Vervloei nou in trane, my hart. 
    Koraal: Help, o Christus, dat ons die sondes wat U dood veroorsaak het, voortaan vermy.

  9. Begrafnis

REVIEWS

 

OGGENDBLAD 
Woensdag 23 Maart 1977 

Verhewe 'herskepping' van Bach

PLEK: Pretoriase Stadsaal.

AANBIEDING:

J.S. Bach se Johannespassie deur die Bachkoor Pretoria en die Collegium Musicum orkes onder leiding van Bruno Peyer met Rikie Venter, Stella Beder, Sjoerd Beute, Werner Nel en John Thorpe as soliste.

 

 

Bach se Johannespassie is in wese 'n liturgiese werk wat deur Bach in dié vorm en hoedanigheid verskeie kere in die Leipzig se hoofkerke uitgevoer is.

Uitvoerings in 'n konsertsaal kan enigsins afbreuk doen aan die gewyde karakter van die werk. Die geïspireerde uitvoering deur Bruno Peyer en sy skare van medewerkers was egter so vervul van die gees van die werk dat uitvoerders en toehoorders saamgebind was in 'n gemeenskaplike belewing van die Lydensverhaal.

Die Bach-koor Pretoria het hom met wisselende sukses van sy drievoudige taak gekwyt.

Onvoorwaardelike bewondering pas vir die pragtige uitvoering van die korale wat die gemeente simboliseer en 'n oordenkende funksie vervul. Met innige deurleefdheid is steeds die reaksie op die gebeure geregistreer.

Ook die groot kore is goed gesing. Die slotkoorRuht wohlhet effens mat geklink, maar die inleidende koorHerr unser Herrscheris met majestieuse luiterrykheid daargestel.

Die turba kore het egter 'n heel ander geaardheid. Hier het die koor 'n aktiewe aandeel in die dramatiese handelinge. Hier en daar is die vereiste intensiteit reeds bereik. Daar is egter plekke waar 'n sekere vaagheid van klank en karakterisering die dramatiese ekspressie belemmer het.

Hoewel dit nie die gewoonte is nie, sou mens byna wens dat die turba-kore uit die kop gesing word om so beter die aanwysings van die dirigent te kan volg en 'n vryere uitdrukkingskrag te verkry, minder "neuse in die boek".

Met alle waardering vir wat reeds gepresteer is, kan byvoorbeeld nog groter hewigheid verlang word in die moordlustigeKreuzige, kreuzige, meer spot inSei gegrüsset, lieber Judenkonig, meer starre onwrikbaarheid in die onverbiddelikeWir haben ein Gesetz. Die duideliker betrokkenheid van die koor sal dan beter aanpas by die bewoë voordrag van die Evangelis.

In die uitvoering van die afsluitende koraal het die koor weer sy groot kwaliteite getoon. Die opbou na die triomferende deel waar by die woordeAls dann vom Tod erwecke michreeds vooruitgesien word na die Opstanding is skitterend verwesenlik.

Hoewel die soprane en alte die mansstemme ver oortref, was die vierstem polifonie deurgans duidelik herkenbaar, 'n Versterking van tenore en basse sal egter welkom wees.

Die eenheid van dié werk wat so 'n ryk verskeidenheid vertoon word gewaarborg deur die leidraad van die Evangelieverhaal en deur Bach se bewonderingswaardige musikale argitektuur.

Deur juiste tempokeuse en goeie sorg vir die aaneenskakeling van die dele, het die dirigent die argitektuur tot sy reg laat kom. Hier pas ook 'n woord van lof vir die oplettendheid en slagvaardigheid van koor en orkes. Slegs enekele male, soos by die inleiding van 'n solo-aria, het die orkes enige moeite gehad om dadelik op die slag van die dirigent te reageer.

Die Evangelieverhaal is voortreflik vertolk deur die tenoor Sjoerd Beute met 'n rykdom van skakerings in talle details wat getuig van 'n grondige bestudering en 'n diepe inlewing

Hierin is hy uitstekend tersyde gestaan deur die orrelis Henning Wagner wat die min opvallende, maar baie belangrike orrel-continue stylvol behartig het.

Met waardige warmte en beheerste ekspressiwiteit het Werner Nel sy mooie stem in diens gestel van 'n meesterlike verwesenliking van die Christus-party.

Rikki Venter het met 'n heldere stem die blymoedigheid van die ariaIch folge dir gleichfallsraak gekenskets. Ook die ariaZerfliesse, mein Herze, is doeltreffend vertolk. Inl albei arias kan Bach se idioom egter met nog meer stylsuiwerheid benader word.

Ná haar fraai uitgevoerde ariaVon den Stricken meiner Sündenhet die alt Stella Beder haarself nog oortref in die uitdrukkingsvolle vertolking van die ariaEs ist vollbracht. Dit was 'n musikale hoogtepunt waartoe ook die tjellis Alfredo Stengel 'n vermeldingswaardige bydrae gelewer het.

Behalwe vir die veeleisende party van die Evangelis het Sjoerd Beute ook nog die vertolking van die tenoor arias behartig. Met ryke ekspressiwiteit het hy die ariaErwaägegesing. Daarby was dit interessant om te beluister hoe die luitobligaatparty op die ghitaar uitgevoer is deur Ken Hartdegen.

In die klein partye van Pertus en Pilatus het John Thorpe nie heeltemal dieselfde standaard bereik nie. Veral Pilatus kan met meer verskeidenheid gekarakteriseer word.

Hoewel sy stem nie deurgans vry klink nie, het hy in sy arias by tye goed en met oortuiging gesing.

Die individuele bydraes van die Collegium Musicum in die obligaatbegeleidings was deurgaans van hoë standaard - 'n enkele onnoukeurigheid in die orkes verdien nouliks vermelding.

By dié uitvoering onder die besielende leiding van Bruno Peyer is egte musikaliteit, vakkundige stylvaardigheid en geestelike belewing gekombineer in 'n verhewe herskepping van Bach se toonsetting.

Die saal was redelik goed gevul. Tog is dit jammer dat nie 'n nog talryker publiek dié uitsonderlike ervaring geniet het nie.

 

Rudolf van Alk

 


Thuesday March 22 1977

Sjoerd's singing merits bouquet


SJOERD BEUTE

CONCERT: J.S. Bach: "St. John Passion"
SOLOISTS:Rikie Venter (soprano), Stella Beder (contralto), Sjoerd Beute (tenor), Werner Nel (Baritone), John Thorpe (Baritone).
DIRECTOR: Bruno Peyer
VENUE: City Hall.

As is customary, it was the ladies who received bouquets of flowers at the end of the concert on Saturday, but if we were to adopt the European custom of giving flowers to the men soloists as well, I should say that it was really the tenor who was most deserving of this honour.

We were informed that Sjoerd Beute was suffering from a throat ailment, and would therefore be omitting the most demanding of the tenor arias. This was the bad news, for the part of the Evangelist is - obviously - central to the work, and if unsatisfactory sung could almost destroy it.

However, there is always the good news, which is that he did the Evangelist ample justice in many taxing recitatives, and did that with a dramatic and compelling concentration.

Of the Choir's performance in general, it seemed that they were more confident of the music than I remember from previous occasions, and in more restrained passages captured an effective quite intensity.

Most of the performance however, was on the same level and more light - especially - and shade would have been welcome.

COLIN HARTLEY


 

Die Beeld : Kalender
Woensdag, 23 Maart 1977

In die Stadsaal, Pretoria

Koor kon die soliste nie ewenaar
deur DANIE FOURIE

In die Bachkoor van Pretoria uitvoering van die Johannespassie van Bach was die soliste Rikie Venter, Stella Beder, Sjoerd Beute, Werner Nel en John Thorpe. Die Collegium Musicum Orkes en die koor is gelei deur Bruno Peyer en is aangevul deur die orrelis Henning Wagner en die Tjellis Alfredo Stengel.

Hierdie werk stel hoë eise aan almal wat daarby betrokke is, veral vanweë die omvattende partituur en algemeen Christelike inslag, wat soos 'n Griekse drame lees en musikaal op eg Barok-wyse kragtig aangevul word. Die uitvoering van die Johannes-Passie moet in die eerste plaas die geestesgemoed aanraak en deurgaans 'n dringendheid na vore bring.

Saterdagaand se uitvoering het slegs soms hierdie aspekte belig. Die koor en die orkes kon die uitstekende gehalte van die soliste nie ewenaar nie. In dié opsig is die dirigent te blameer. Die koorwerk het wel soms 'n energieke bydrae gelewer - die uiteindelike klimaks in die slotkoraal het bewys waartoe die koorsangers wel in staat was.

Die soliste het sonder uitsondering bewys dat ons hier oor ware beroepsmusici beskik wat hul plek op internasionale vlak kan volstaan. Van die arias het werklik ontroer.


Copyright 2017 by Pretoria Bach Choir
Website maintained by Core Synergy