'n Gevoelige leemte in ons musieklewe is dat daar min aktiefs op die gebied van kerkmusiek deur ons professoinele musici-sangers tydens die groot kerklike feesdae gelewer word. Was dit nie vir die radio nie, sou die sfeer van Kersfees en Pase byna sonder gewaarwording by jou verbygaan. Gelukkig is daar talle amateurverenigings in ons land wat probeer om hierdie leemtes deur hul aktiwiteite te oorbrug.
Die Bach-koor van Pretoria is 'n voorbeeld van so 'n poging tot die oplewing van kerkmusiek op die tydstip van die jaar wanneer die luisteraar juis 'n intense drang daarna voel.
Bruno Peyer, dirigent van die Bach-koor van Pretoria, het te doen met amateurs wat uit liefde vir die saak sing. Daarom verdien hy en elkeen wat aan Saterdagaand se uitvoering van Bach se Johannes-Passie deelgeneem het, 'n gekwalifiseerde felisitasie vir die bereiking van 'n ver bo gemiddelde standaard vir amateurgeselskappe by hierdie tipe werke.
Uiteraard is 'n Passie van Bach onder geen omstandighede 'n geringe opgaaf nie.
|
Bach se Johannes-Passie is meer gekonsentreerd (en dus korter) as dieselfde komponis se Mattheus-Passie,maar beslis nie minder veeleisend nie.
TELEURSTELLEND
Die openingskoor was teleurstellend. T.o.v. tempo het alles 'n bietjie te traag verloop, maar hierdie was egter nie die grootste beswaar nie. Balans tussen orkes en koor was onbevredigend. 'n Koor van ongeveer 50 sterk, kan 'n ensemble van Collegium Musicum-grootte doodsing.
Hoewel mens aan so iets by Bach nooit die voorkeur kan gee nie, mag die teenoorgestelde uit die aard van die musiek ook nie gebeur nie. Deurdat die koor te piano gesing het, is die ryke polifonie van Bach se stempartye ongenadiglik onderdruk. Meer ritmiese vitaliteit (ook in die orkespartye) sou 'n beter perspektief in die Barok-eie openbaar het.
In kontras hiermee, is is die korale met passievolle oortuiging voorgedra. Die koor het by hierdie dele pragtige hoogtes van toonhomogeniteit bereik en die balans was goed.
|
Die massakore is dikwels met die nodige vitaliteit voorgedra - veral die brute "Kreuzige, Kreuzige!" Opvallend was dat daar ná pouse 'n beter volumebalans tussen koor en orkes ontstaan het.
Van die soliste was dit veral Bruce Martin se sonore bas wat beïndruk het. Sy karakterisering in die rol van Petrus en later Pilatus was nie alleen oortuigend nie, maar ook vokaal besonders sterk. Met sy moeitelose toonproduksie het hy die 2 arias "Eilt, ihr angefochtnen Seelen" en "Mein teurer Heiland, lass dich fragen" gesing.
DIKSIE
Sjoerd Beute het die evangelis-party sowel as al die tenoor-arias op hom geneem. Sy diksie was besonder duidelik en sy stem het die laaste jare heelwat aan warmte gewen. Suiwerheid was byna deurgaans onberispelik - mnr. Beute het slegs in 'n paar arias, o.a. no. 32, tekens van stemooreising getoon, maar in die tweede helfte het sake by hom ook verbeter. Sjoerd Beute is 'n sensitiewe sanger en sy aandeel in die sukses van hierdie uitvoering mag nie geringag word nie.
|
Anneen Leeuwener se vibratoryke stem en ligte klanktimbre pas Bach nie te goed nie en sy was 'n paar keer alles behalwe suiwer. Stella Beder se stem is kleiner en nie besonder ryk aan nuanisme nie. Die tegniek was nog by haar 'n struikelblok tot idiomatiese sang. Vokale uitdrukking het ook by Jozua Serfontein ontbreek. Dit was jammer dat sy enigste aria ook nog bederf is deur die ghitaarspeler wat konstant 'n tel te vroeg bly speel het.
Die orkes het veral in die houtblaas- en kontinuoseksie uitstekend gemusiseer, waaronder die allerbelangrikste "stuttende" orrelparty gereken mo/et word. 'n Vol saal het bewys gelewer van die waardering vir die besondere taak wat Bruno Peyer op hom geneem het. Lang lewe die Bach-Koor Pretoria!
- Paul Boekkooi
|