J. S. BACH
ST. JOHN PASSION

Johan Sebastian Bach (21-3-1658 tot 28-7-1750) het sy Johannespassie in die jaar 1723 gekomponeer voordat hy sy beroep as Thomaskantor te Leipzig aanvaar het. Dit is na alle waarskynlikheid op Goeie Vrydag van die daaropvolgende jaar vir die eerste keer in die Thomaskerk uitgevoer. Die werk volg die tradisie van die Middeleeuse liturgiese passiedrama soos dit destyds te St. Thomas gehandhaaf is en word dus deur die skriftuurlike oorheers (Johannes 18 - 19, met twee kort uittreksels uit Mattheus 26 en 27). Eerbiedige afstand maak nou egter plek vir 'n geniale werklikheidsiening: "soos dit geskrywe staan" word nou "so het dit gebeur". Hierdie skriftuurlike word aangevul deur korale en arias wat deurgans 'n diep gelowige karakter toon - oordenkings wat steeds in noue verband met die voorafgaande teks staan.

Hierdie wonderlik innige toonsetting smelt met die oorweldigende drama van die gebeurtenisse saam tot 'n aangrypende geheel.

Dit begin met 'n orkesinleiding wat met sy golfagtige beweging tussen dissonansie en sintonie die kerngedagte van die passie uitbeeld, naamlik Christus se lyding en die mens se verlossing, en direk na die geweldige loflied "Heer, onse heerser ... die ware Seun van God wat alyd en ook in die grootste nederigheid as God verheelik is" oorgaan. Die werk eindig met die ewe uitgebreide "Rus nou, o heilige gebeente, wat ek nie langer sal beween nie, en lei my ook tot rus - die graf waarvoor julle bestem is, maak vir my die hemel oop - en die hel dig toe", gevolg deur die amper kindelik ootmoedige koraal "Laat Heer, U engele my lei ... hemel toe ... waar ek U wil loof in ewigheid".

Bruno Peyer

Thursday 22 March 1975 at 20h15 
City Hall, Pretoria

 Conductor
Bruno Peyer

Soloist
Anneen Leeuwner (Soprano), 
Stella Beder (Alto), 
Sjoerd Beute (Tenor) 
Jozua Serfontein (Baritone) 
John Thorpe (Baritone)
 Orchestra 
Collegium Musicum Leader Bram Verhoef

Organ
Henning Wagner

PROGRAMME

INHOUDSOORSIG EN ENKELE HOOGTEPUNTE

  1. Verraad en gevangeneming
  2. Aria (Alto): Om my te bevry, word U gebind. 
    Aria (Sopraan): Ek volg U met vrolike skrede.

  3. Verhoor van Kajafas; Petrus se verloëning
  4. Koraal: Wie slaan U so? ...Ek en my sondes. 
    Aria (Tenoor): Ag my gees waar vind ek vertroosting.

  5. Verhoor voor Pilatus; Pilatus se optrede teenoor die opgehitste volk; die skare kies Barabbas; Jesus word gemartel
  6. Koraal: Christus wat ons salig maak. 
    Arioso (Bas en Tenoor): Kyk, die dorings!...Kyk, die géselhale!

    POUSE

    Koraal: Deur U gevangeneming erf ons die vryheid, U graf verseker ons van lewe.

  7. Kruisiging: Jesus se laaste woorde

  8. Arioso (Bas met koor): Haas na Gologota! 
    Aria (Alt): Dit is volbring. 
    Aria (Bas met koor): U sterwe sal vir my die hemel beërwe 
    Aria (Tenoor): My siel aanskou hoe heel die wêreld deur Sy lyding aangegryp is. 
    Aria (Sopraan): Vervloei nou in trane, my hart. 
    Koraal: Help, o Christus, dat ons die sondes wat U dood veroorsaak het, voortaan vermy.

  9. Begrafnis

REVIEWS


Dinsdag 25 Maart 1975

Oortuigende Passie

PLEK: N.G. Kerk, Lynnwood.

AANBIEDING: Bach se Johannes-Passie soos uitgevoer deur die Bach Koor Pretoria met Anneen Leeuwner (sopraan), Stella Beder (alt), Sjoerd Beute (tenoor), Jozua Serfontein (bariton) en John Thorpe (bas). Die Collegium Musicum-orkes o.l.v. Bruno Peyer. Orrellis: Henning Wagner

Hierdie aand was in menige opsig een van Bruno Peyer se mees geslaagde uitvoerings tot op datum. Hy het deurgaans respek afgedwing met sy bedrewenheid as oratoriumdirigent en die ware gees van Bach se groot Passie met gelouterde begrip weergegee.

Hoewel ek nie versoek is om 'n resensie oor hierdie uitvoering te skryf nie, was dit 'n behoefte van die hart om na afloop van die uitvoering kortliks 'n paar indrukke weer te gee...veral omdat Saterdag se uitvoering 'n besliste voooruitgang was op dié van verlede jaar.

RYK

Die koorsang was in breë trekke beskou, ryk aan sonoriteit. Dit was veral opvallend in diekoralewaar koor en orkesklank telkens mooi saamgesmelt het. Die finale koor en daaropvolgende koraal was só 'n hoogtepunt dat dit die herinniering aan die stramheid van die openingskoorHerr, unser Herrscherlaat vervaag het. By die verhouding orkes-koor was eersgenoemde telkemale te sterk in volume.

In vergelyking met verlede jaar se uitvoering, was daar slegs een verandering t.o.v. die soliste, nl. John Thorpe het die plek geneem van Bruce Martin. John Thorpe se karakterisering van Petrus en Pilatus was volkome vlekkeloos en veral sy ariaEilt, ihr angefochtnen Seelen(met koor) was in perfekte styl. Hy het hom bewys as 'n dinamiese Bach-sanger. Ook al die ander soliste het met 'n intenser vitaliteit as in die verlede hul partye voorgedra. Dit was spesiaal opvallend by Sjoerd Beute wat die duidelikste artikulasie van almal en wat as die Evangelis geweet het hoe om die spanning in die teks op te bou en die stemminge sonder vokalistiese oordrywing weer the gee.

Orkesspel en veral orrelspel was deurgaans pragtig. Die altariaEst ist vollbracht!met sy skitterende tjello-obligaat was een van talle hoogtepunte - so ook bv. die dramatiek by die skeur van die tempel-voorhangsel.

- PAUL BOEKKOOI


 


Monday March 24 1975

'Passion' well sung

CONCERT:
JS Bach
CHOIR:
Bach Choir Pretoria
CONDUCTOR:
Bruno Peyer
VENUE:
NG Kerk, Lynnwood

THE earnestness and dignity of this perforance was very welcome at the beginning of Pretoria's 1975 Easter festival.

One did not need to know German to follow the emotional content of the music. The singers sang as if they cared, with the composer, about the story they were telling.

They sang well - after a rather woolly opening chorus, when the choir's uncertain efforts were made even less distinct by the orchestra's playing too loudly and heavily.

After that they were more confident, and achieved a better balance with the orchestra.

Their singing is marked by muted tones and smooth phrasing which produce balanced harmony at the expense of distinctness. They lose some of Bach's formal preciseness but always sound good.

Four of the soloists were excellent - Anneen Leeuwner, Stella Beder, Jozua Serfontein and John Thorpe; The fifth, Sjoerd Beute, was outstanding. His interpretation, the quality of his extraordinarily expressive voice and the clarity of his enunciation were all so fine.

There was very little wrong with the other soloists' performances either. Perhaps the soprano and the alto could take more care to make their words audible.

The applause at the end, although it was so richly deserved. - does one praise other mortals in a church?

- PETER SOUTHEY.



Copyright 2017 by Pretoria Bach Choir
Website maintained by Core Synergy